Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » "daisychain" in Afrikaans (Wat is die Afrikaanse term vir "daisychain" in Engels)
"daisychain" in Afrikaans [boodskap #149204] Di., 19 Augustus 2025 08:57 na volgende boodskap
Tipe_Roelf  is tans af-lyn  Tipe_Roelf
Boodskappe: 8
Geregistreer: Desember 2020
Karma: 1
Junior Lid
Goeiedag.

In rekenaar terme verwys daisychain na 'n spesifieke manier van goed aan mekaar koppel sien gerus my sketsie.
My Afrikaans-Engels woordeboek vertaal dit as verbind, aaneenskakel, koppel of saamvoeg, maar "daisychain" is 'n spesifieke manier van koppel terwyl bogenoemde woorde verskillende maniere van koppel sal insluit.

[Bygewerk op: Di., 19 Augustus 2025 09:03]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: "daisychain" in Afrikaans [boodskap #149208 is 'n antwoord op boodskap #149204] Di., 19 Augustus 2025 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 548
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis nou 'n baie goeie vraag.
Madeliefieketting klink die heeltemal reg nie.
Ek sal laat weet as ek op iets beters afkom.
Re: "daisychain" in Afrikaans [boodskap #149209 is 'n antwoord op boodskap #149208] Di., 19 Augustus 2025 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 548
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Roekeloos.co.za wys dit as:
   "daisy chain, kettingskakeling"
Bron: https://www.roekeloos.co.za/woordeboeke/rekenaarwoordeboek/r ekenaarwoordeboek-english-afrikaans-computer-and-it-dictiona ry-d-f/
Re: "daisychain" in Afrikaans [boodskap #149210 is 'n antwoord op boodskap #149209] Di., 19 Augustus 2025 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24573
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Wat van serieskakeling (teenoor parallelskakeling of kringskakeling)?
Re: "daisychain" in Afrikaans [boodskap #150866 is 'n antwoord op boodskap #149208] Do., 26 Februarie 2026 09:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tipe_Roelf  is tans af-lyn  Tipe_Roelf
Boodskappe: 8
Geregistreer: Desember 2020
Karma: 1
Junior Lid
Ek ken nie die madeliefie plant nie. Versprei sy ook soos aarbeie met uitlopers?
"kettingskakeling" en "serieskakeling" lyk vir my soos goeie opsies.
Wat van "uitloperskakeling"? Kan hy dalk hier vir oorweging in kruip?

[Bygewerk op: Do., 26 Februarie 2026 10:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: "daisychain" in Afrikaans [boodskap #150868 is 'n antwoord op boodskap #150866] Do., 26 Februarie 2026 18:23 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 548
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Madeliefies het nie uitlopers nie, net blomme met lang stele. Die Engelse verwysing na "daisies" verwys waarskynlik na die blommetjies wat in stringe (of lusse) gevleg is, sodat dit 'n patroon van herhalende eenhede vorm.
Vorige onderwerp: Egbreuk t.o. Egbreek
Volgende onderwerp: Lettergrepe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Mrt. 11 10:39:20 UTC 2026